Excelsior spog met puik uitslae
Excelsior Hoërskool spog behoorlik met sy uitstekende prestasie op akademiese gebied. Die skool se matriekklas van 2018 het 96,3% in die NSS-eksamen- beste in die kring.
Voorts, is die skool vereer tydens die jaarlikse toekenningsplegtigheid en die WKOD by Leeuwenhof, die premierswoning in Kaapstad. Excelsior het ‘n meriete toekenning ontvang vir uitstekende prestasie in Afrikaans Huistaal. Dit is voorwaar ‘n prestasie om op trots te wees, want daar word teen al die bekende skole in die Wes-Kaap meesgeding. Excelsior bou voort op sy buitengewone akademiese rekord van veral die afgelope sewe jaar. Die minister en het beklemtoon dat onderwys van ‘n hoë kwaliteit die basis is van ‘n suksesvolle samelewing.
Excelsior kan trots wees op sulke talentvolle leerders. Die skool het die leerders gelukgewens en vereer met ‘n ete by die skool.
Volgens die prinsipaal, Mnr. Vraagom is dit ‘n absolute spanpoging. Bekwame en goed ‘n opgeleide onderwyskorps- tesame met die ouerkomponent vorm die basis van so ‘n suksesresep. Ons sal voortbou om leerders met kennis en vaardigheide te kweek vir ‘n kompeterende wêreld.
Hierdie merkwaardige prestasie is bewyse van ‘n blink toekoms wat vir Excelsior Hoërskool voorlê.